Hoewel dit nie ’n beduidende verskil gaan maak nie, het die onlangse reën ’n positiewe uitwerking gehad op die Howieson’s Poort-dam in Makhanda (Grahamstad).
Amptenare van die munisipaliteit sê die dam is tans 21,3% vol teenoor 18,3% verlede Vrydag.
Anele Mjekula, woordvoerder, sê die naweek se reën het egter geen verskil gemaak aan die watervlak van die Settlers-dam nie.