Terwyl die Makana-munisipaliteit wag om geldhulp weens die droogte te ontvang, vererger vandalisme en arbeidsonrus die voortslepende waternood in Makhanda.
Groot dele van Makhanda is sedert vroeg Februarie sonder water weens die droogte en gebrekkige en verouderde infrastruktuur.
Die munisipale gebied Sarah Baartman, wat Makhanda insluit, is in die Staatskoerant tot rampgebied verklaar.