Die haksenings van ’n bejaarde man van Gariepdam in die Vrystaat is afgesny sodat hy nie hulp kon gaan soek nadat hy aangeval en beroof is nie.
Hans van Biljon (90) van Swaelstraat, Gariepdam, die oudste man op dié dorp, moes waarskynlik op sy maag seil na die plek waar sy lyk die volgende dag op sy erf gevind is.
Een van sy moordenaars, Kirwan Delton William Brown (31), vertel in ’n verklaring in die rondgaande hooggeregshof in Bethulie in besonderhede hoe sy meisie, Candice Millicent Rouls (26), Van Biljon met ’n yster oor sy kop geslaan het en hom toe gevra het om die ou man se regter-haksening af te sny.