Die polisie in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus het Sondag ’n man in Marineweg aangekeer wat ’n emmer met menslike liggaamsdele by hom gehad het.
Kol. Thembeka Mbhele, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het op ’n wenk van tradisionele genesers reageer dat ’n man menslike liggaamsdele in die omgewing verkoop.
Die polisielede het die man, wat in tradisionele drag was, gesien waar hy in sy voertuig sit. Hulle het hom genader en sy voertuig deursoek.