Sewe mans met bakstene, klippe, ’n sweep en ’n mes kon nie vir JJ Harmse (26) keer om kaalhand te veg vir sy ma se koeksisters nie. Die soetgoed is immers die Harmses van Margate, KwaZulu-Natal, se brood en botter.
Maar uiteindelik het JJ die aftog geblaas om eerder sy kleinboet, Charl (15), uit dié groep skarminkels se kloue te red. Met pynlike sweepmerke aan sy rug en bors, ’n vieslike baksteenwond aan sy kop en waarskynlik nog ligte harsingskudding ook, vertel JJ hoe hulle aangerand is “net vir daardie twee koelbokse”. Hy is woedend.
“Die ouens het seker gedink daar was booze in,” sê hy.