’n Man van Orania in die Noord-Kaap, wat vir ’n rits seksueel verwante misdade met kinders in die hof verskyn het, is vandeesweek vir psigiatriese waarneming gestuur.
Die man het na bewering jare lank verskeie kinders uit vier gesinne seksueel gemolesteer en hom glo ook aan die kinders ontbloot.
Hy het Woensdag op Hopetown in die streekhof verskyn en sy verhoor is tot 15 Maart vanjaar uitgestel.