’n Man wat ’n vrywilliger by die Comrades-marathon by ’n waterpunt in ’n tref-en-trap-ongeluk ernstig beseer het, het homself aan die polisie oorgegee.
Johan Doubell (51) is verlede Sondag douvoordag raak gery.
Erika Erasmus-Kapp (46), sy verloofde, sê albei sy bene is gebreek. “Die staal van sy knievervanging van verlede jaar is gebreek, sy skedel is op twee plekke gekraak, hy het bloeding op sy brein gehad, sy oogkas het seergekry en vier van sy ondertande het in sy tandkaste gesak.”