Die bloed van die Marikana-slagting sal aan die polisie bly kleef totdat hulle verantwoordelikheid aanvaar vir dié slagting ses jaar gelede waarin 34 mynwerkers dood en tientalle beseer is.
So het Gareth Newham, ’n polisiekenner van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), Woensdagoggend op ’n seminaar van dié organisasie in Pretoria gesê.
“Die polisie is by ’n kruispad,” het Newham gesê.