Steinhoff se aandeelprys het Woensdag in ’n stadium met 7% geval ná ’n berig oor oorsese transaksies wat hy nie aan sy aandeelhouers verklaar het nie.
Sy aandeelprys het die hele JSE afgetrek wat Dinsdagaand vir die eerste keer bo 60 00 punte gesluit het.
Teen sluitingstyd het Steinhoff effens herstel maar was steeds byna 4,2% laer op R59,30.