Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, is ’n “briljante en charismatiese leier”.
Dit blyk volgens prof. Marius Ungerer van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB) uit die navorsing wat hulle gedoen het oor die gebeure by Steinhoff. Hulle het onder meer die konsep van charismatiese leierskap op grond van bestaande kriteria ontleed.
“Markus Jooste voldoen aan al daardie kriteria. Daar is geen twyfel dat hy ’n briljante en absoluut charismatiese leier is nie.”