Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het die inwoners van die Goudstad om geduld gevra.
Mashaba het Dinsdag in sy inhuldigingstoespraak, sowat drie weke nadat hy op ’n dag van hoogdrama tot die hoogste amp in Johannesburg verkies is, beklemtoon dat daar baie werk in die stad te doen is.
“Ek moet die mense van Johannesburg om geduld vra – daar is geen kortpaaie nie,” het Mashaba gesê.