Sy wens mense kon Vrydagoggend vir Andria Rossell sien toe sy hoor van al die hulp wat vir haar aangebied word, sê Henriette Janse van Rensburg, ’n onderwyseres van die Hoërskool Vrede.
Andria se oë is volgens Janse van Rensburg bloedrooi gehuil, so oorweldig is sy oor al die weldoeners wat gebel het om uit te vind hoe hulle haar kan help.
Die meeste mense wil Andria help sodat sy nie verder vanjaar hoef te werk nie en net op haar matriekjaar kan konsentreer.