Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sê alle matriekleerlinge moet dieselfde eksamen skryf.
“Mense voer aan die leerlinge wat die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) se eksamen skryf, is arm en dat dié eksamen maklik is. Hulle voer ook aan dat die leerlinge wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamen skryf, ryk is en dat dié eksamen moeilik is,” het Lesufi Donderdag op ’n bosberaad aan die Oos-Rand gesê.
Volgens hom sal dit die gaping tussen arm en ryk kleiner maak indien almal dieselfde eksamen skryf.