Die meerderheid van die 400 renperde wat Markus Jooste se beleggingsmaatskappy Mayfair Speculators in Suid-Afrika besit het, is reeds verkoop.
Jooste was die afgelope jare ’n groot speler in die plaaslike wedrenbedryf.
Die meeste van die resiesperde is sedert April verkoop nadat Mayfair Speculators en sy beheermaatskappy Mayfair Holdings ’n reëling met sy skuldeisers ingevolge art. 155 van die Maatskappywet gesluit het wat deur die hooggeregshof in Kaapstad goedgekeur is.