“Ek dra my rooi EFF-beret omdat hulle die enigste organisasie is wat belangstel om melkboere te help,” sê Danie du Plooy, ’n boer van Bultfontein.
Du Plooy het die land aan die praat gehad toe hy verlede maand 6 000 liter melk op die grond laat uitloop het uit protes teen die lae melkpryse wat melkboere kry.
Hy sê nou hy het om hulp by die georganiseerde landbou sowel as die DA en ANC aangeklop, maar die enigste groep wat belangstel om saam met hom te werk, is die EFF.