’n Uitverkoping van Nutella-smeer het kopers in Frankryk blykbaar “soos diere” laat optree.
So berig The Local nadat verskeie supermarkte die sjokolade-en-haselneutsmeer Donderdag teen 70% afslag verkoop het.
“Hulle is soos diere. ’n Vrou se hare is getrek en ’n bejaarde vrou is met ’n boks oor die kop geslaan, terwyl ’n ander persoon ’n bloeiende hand opgedoen het. Dit was verskriklik,” het een van die klante by Rive-de-Gier-supermark in Sentraal-Frankryk aan Le Progres-koerant gesê.