Hy’s genoem na ’n BMW-sportnuts, maar hy teiken die Volkswagen Amarok en Ford Ranger. En hy deel sy gene met die Nissan Navara en die Renault Alaskan.
Ná twee jaar se gelekte foto’s op die internet, gevolg deur aansienlike kopkrappery, “uhms” en “ja-nee’s” deur ooms en die draers van tweekleur-kakiehemde en Crocs die wêreld oor, is Mercedes-Benz se bakkie, die X-klas, uiteindelik hier.
As jy oud genoeg is om te onthou, sal jy weet die X-klas is natuurlik nie Mercedes se debuut-bakkie nie: Daarvoor is die W115-generasie-220d te danke, wat tussen 1972 en 1976 in Argentinië gebou en wêreldwyd verkoop is.