Verskeie biomerkers in ’n mens se bloed is al geïdentifiseer in die hoop om ’n manier te vind om Alzheimer se siekte te diagnoseer.
Dit is vandeesmaand bewusmakingsmaand vir Alzheimer se siekte.
Dié siekte kan tans steeds net nadoods beslissend gediagnoseer word deur na die breinweefsel te kyk. Dokters maak wel ’n kliniese diagnose wanneer ’n mens siek word.