Die meeste van ons het op skool geleer dat ’n metafoor ’n sogenaamde stylfiguur is – iets wat digters gebruik om hul gedigte meer poëties te maak.
Byvoorbeeld, in haar bundel Visums by verstek (2011) gebruik Joan Hambidge Suid-Amerika as metafoor vir haar geliefde – net soos wat die vasteland hartstogtelik (maar ook vol teenstellings) is, so is haar geliefde “ . . . soos Venezuela wat geen visas toestaan”.
Maar metafore is nie net digters en gedigtelesers beskore nie.