Die nywerheidsgroep Metair het sy internasionale voetspoor vergroot deur ’n belang van 25,1% in ’n Duitse batteryvervaardiger te bekom.
In ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sê dié vervaardiger van motoronderdele en batterye hy het die belang in die Duitse firma Moll vir €7,425 miljoen verkry.
Metair, wat reeds fabrieke in Suid-Afrika, Roemenië en Turkye het, het verlede jaar ook ’n meerjarige kontrak van Daimler in Duitsland losgeslaan.