Die geskiedenis het ’n manier om op die mees onverwagse wyses te verander.
In 2017 het my kollega Frans Cronje ’n gehoor teruggeneem na 1985. PW Botha het besluit om die hervormingsgesinde “oorsteek van die Rubicon”-teks wat sy adviseurs vir hom voorberei het, oorboord te gooi en die Nasionale Party (NP) uitdagend te verseker dat hy “nie bereid is om wit Suid-Afrikaners … op ’n pad na abdikasie en selfmoord te lei nie”.
Wie, het Cronje gevra, sou toe kon droom dat in net meer as ’n dekade “die laaste leier van die magtige NP die minister van toerisme sou wees in ’n African National Congress (ANC)-kabinet, wat rentekoerse sou halveer, die Gear-beleid sou daarstel en die ekonomiese groeikoers na 5% sou terugvoer”?