Die Bulle oorweeg om John Mitchell se dubbeldoor-pos by Loftus Versfeld te skei. Mitchell was die Bulle se direkteur van rugby en hoofbreier voordat hy bedank het om Eddie Jones by die Engelse by te staan.
Die Bulle oorweeg nou om ’n direkteur van rugby én ’n hoofafrigter aan te stel.
Dit kan selfs gebeur dat die Bulle aanvanklik eers net ’n hoofafrigter aanstel, afhangende hoe senior en ervare die kandidaat is wat as Mitchell se aangewese opvolger beskou word.