Op my gr. 5-kamp het ek en my vriende ’n spook gesien. Net die mense wat dit self gesien het, het my geglo. Ek het vir my ma daarvan vertel en toe koop sy vir my die boek Grilgrypers: Die vloek van Vreesbaai. Dit was so goed ek het dit vinnig klaar gelees.
Waaroor gaan die storie?
Miek is ’n gewone gr. 7-leerling, totdat hulle na Vreesbaai getrek het.