Die Namibiese ma wie se gefrustreerde “my f*k Marelize” die afgelope week oor die wêreld weergalm het, sê haar gesin se sin vir humor het hulle al deur diep water gehelp.
Borskanker is in November 2016 by Heidi Horn (48) gediagnoseer en sy het ’n mastektomie ondergaan.
Sy sê haar man en kinders se vermoë om vir enigiets te lag – ook vir hulself – het haar op die pad na herstel gehelp.