Nadat ’n storm om die kop van Naas Botha losgebars het oor vyf beweerde identiteitsnommers en agterstallige skuld op ’n huislening, gaan SuperSport hom nie van die lug haal nie.
Volgens Clinton van der Bergh, woordvoerder van SuperSport, gaan hulle nie nou betrokke raak by die aantygings teen die sportaanbieder en voormalige Springbok-rugbyspeler nie.
“Ons is bewus daarvan en waardeur Naas gaan, maar sien dit as ’n private aangeleentheid. Naas gaan voort met sy werk as sportaanbieder hier.