Naas Botha sal Saterdag vir die eerste keer sedert die Ashwin Willemse-voorval van 19 Mei terug in sy pos as rugby-ontleder in die SuperSport-ateljee wees.
SuperSport het Donderdag bevestig Botha, Gcobani Bobo, Breyton Paulse en Robbie Kempson sal die ontleders vir die Superrugby-wedstryde tussen die Bulle en die Jaguares (15:05) en die Stormers en die Haaie (17:15) wees.
Xola Ntshinga sal as die aanbieder optree.