Die oud-Springbok Naka Drotské is Dinsdag omstreeks 23:00 in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein opgeneem.
Hy het gekla dat sy kop deurmekaar voel en bloedtoetse is gedoen, sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid. Dit is nog nie duidelik wat fout is met hom nie.
Cameron het telefonies met Tinus, Naka se broer, gepraat.