Naka Drotské, oud-Springbok-haker en Cheetah-afrigter, is in 'n huisroof in Pretoria geskiet.
Drotské en Os du Randt was by Drotské se broer, Tinus, se huis in Kameeldrift. Die groep vriende het gebraai en het net aangesit vir ete toe vyf gewapende rowers die huis instorm en op hulle begin skiet.
Drotské en Du Randt wou die vroue en kinders beskerm toe Drotské in die skermutseling getref is.