Etlike troues het die naweek steeds plaasgevind ’n week ná die aankondiging van ’n ramptoestand in die land oor die Covid-19-uitbreking.
Talle bruidspare oor Suid-Afrika heen kon nie op kort kennisgewing hul troudatums uitstel nie.
Sonja Walker van Captured Photography in Gansbaai sê sedert die ramptoestand afgekondig is, is daar heelwat onsekerheid en vrae. Planne moes beraam word, veral weens die verbod op die samekoms van groepe van 100 of meer mense. Die verbod op die verkoop van alkohol ná 18:00 het verdere stremming veroorsaak.