Die Sweedse Akademie se besluit om 2018 en 2019 se Nobelprys vir letterkunde aan onderskeidelik die Poolse skrywer Olga Tokarczuk en die Oostenryker Peter Handke toe te ken het gemengde reaksies ontlok.
Die akademie, wat die wenner van die Nobelprys vir letterkunde reeds sedert 1901 aanwys, het albei pryse Donderdag aangekondig weens ’n rits skandale wat die 2018-aankondiging ontspoor het. Die besluit is uiteindelik geneem om dit met ’n jaar uit te stel en albei pryse vanjaar aan te kondig.
Volgens die Nederlandse letterkundige Annemarié van Niekerk het die toekennings haar “onkant betrap”.