Daar is steeds geen keer aan die uitbrekings van voëlgriep in Suid-Afrika nie.
Volgens die departement van landou is daar reeds 79 bevestigde gevalle van die hoogs aansteeklike H5N8-virus in sewe van die land se nege provinsies aangeteken. Net die Noord-Kaap en Limpopo het nog nie gevalle aangeteken nie, sê Bomikazi Molapo, woordvoerder van die departement.
Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese geleenthede, sê dié provinsie het vandeesweek 56 bevestigde gevalle aangeteken teenoor 50 verlede week.