Die golf van optimisme wat in Suid-Afrika heers sedert Cyril Ramaphosa as president by Jacob Zuma oorgeneem het, het nog glad nie deur die huismark gespoel nie.
Inteendeel, reële huispryse (dus as inflasie in berekening gebring word) is opnuut besig om te daal, selfs al is inflasie nou op die laagste vlakke in drie jaar.
In Februarie het nominale huispryse (voordat inflasie in berekening gebring is) met slegs 2,3% gestyg, volgens FNB se maandelikse huisprysindeks.