Kristian Prinsloo (11) van Centurion, wat byna twee weke gelede deur ’n “mak leeu” in Lephalale (Ellisras) aangeval is, se toestand is steeds kritiek.
Luidens die nuutste inskrywing op die Facebook-blad wat sedert die aanval vir hom gestig is, is hy steeds in ’n koma.
Kristian is sedert die voorval op 8 April in ’n medies geïnduseerde koma in die Mediclinic Muelmed in Pretoria se waakeenheid.