’n Dertienjarige Down-sindroomlyer van die Oos-Rand het ’n jaar gelede vir die eerste keer aan ’n atletiekbyeenkoms deelgeneem.
Nou neem Matthew van Heerden die Suid-Afrikaanse Ouderdomsgroepspele vir Intellektueel Gestremdes deel wat tans in Durban aangebied word.
Hy is reeds Maandag as die Suid-Afrikaanse kampioen in die gewigstoot vir seuns o.13 aangewys. Matthew sal vandeesweek in nog drie afdelings meeding.