Kruisondervraging van die nutsman van die Spierlandgoed wat die badkamerdeur oopgesluit het waaragter Susan Rohde dood gehang het, het Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad begin.
Desmond Daniels (62) het in sy getuienis in die verhoor van Jason Rohde getuig dat hy die oggend van 24 Julie 2016 omstreeks 08:15 ’n oproep gekry het dat die badkamerdeur by kamer 221 by die hotel buite Stellenbosch van binne gesluit is.
Hy het ook getuig dat hy Susan se bene gesien het toe hy die badkamerdeur met sy skroewedraaier oopgemaak het.