Nuwe aanstellings bied geleenthede vir studente

Akademia wat reeds agt jaar bestaan en al meer as 3 500 Afrikaanse studente toegang tot gehalte-hoëronderwys gebied het, het onlangs ’n akademiese hoof en drie dekane aangestel.

“Die akademiese hoof en dekane wat aangestel is, se taak is onder andere die uitbreiding van ons program-aanbod in die geesteswetenskap, asook om bydraes tot die totstandkoming van fakulteite in natuurwetenskap en opvoedkunde te lewer,” verduidelik Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia.

Prof. Danie Goosen, dosent in die geesteswetenskap by Unisa, neem in Februarie sy plek as akademiese hoof by Akademia in.

Prof. Pieter Duvenage neem in Januarie die leisels as dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskap. Duvenage was departementshoof van die Universiteit van die Vrystaat se departement filosofie, en is ereprofessor in politieke filosofie by die Cardiff-universiteit in die Verenigde Koninkryk.

Prof. Hannes Rautenbach is aangestel om van Februarie sy plek as dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskap in te neem. Rautenbach was voorheen departementshoof van die departement geografie, geoinformatika en meteorologie by die Universiteit van Pretoria en buitengewone professor by die Skool vir Gesondheidstelsels en Publieke Gesondheid aan dieselfde universiteit.

Prof. Gawie du Toit is as dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aangestel, en sluit in Maart by Akademia aan.

Du Toit was voorheen hoof van die Skool vir Opvoedkunde by die Sol Plaatje-universiteit.

Die aanstellings van hierdie gerekende akademici vorm deel van Akademia se oprigting van ?omvattende residensiële kampus. “Ons glo dat hierdie kundiges se gerekende ervaring ? merkwaardige bydrae sal lewer om Akademia se akademiese en bedryfsrelevantheid te behou en toenemend uit te bou,” sê Visser.

Aansoeke om studie in 2019 is oop tot 19 Januarie.

Die akademiese hoof en dekane wat aangestel is, se taak is onder andere die uitbreiding van ons program-aanbod in die geesteswetenskap. - Marthinus Visser

Rand - Dollar
16.40
+0.3%
Rand - Pond
19.84
-0.0%
Rand - Euro
16.68
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,775.21
-0.2%
Silwer
20.14
-0.7%
Palladium
2,155.12
+0.1%
Platinum
937.43
-0.1%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.2%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos