Regstelling:
Hierdie berig het voorheen gesê dat Eskom verlede jaar verskeie kere die kragtoevoer na Harrismith afgesny het. Hoewel Eskom gedreig het om dit te doen, het dit nooit gebeur nie. Dit het ook gesê Eskom gaan regstreeks krag lewer aan die dorp se 100 grootste kragverbruikers. Eskom sê hoewel die verbruikers hulle direk gaan betaal, word die elektrisiteit steeds deur die munisipaliteit se stelsels voorsien. Eskom sê verder die Harrismith-sakeforum gaan nie gedeeltelik betaal vir die installering van nuwe elektrisiteitsmeters nie.