Nuwe Kaapstad gaan verrys

’n Voorstelling van die nuwe Zero2One-gebou wat in Adderleystraat gebou gaan word en die hoogste gebou in Kaapstad sal wees – 148 m hoog met 42 verdiepings.

Ontwikkelaars staan tou om die Kaapstadse middestad in hoogte en breedte nuut te bou of te herontwikkel.

Een van die ontwikkelings wat beplan word, is ’n nuwe wolkekrabber van 42 verdiepings wat die hoogste gebou in die Kaapstadse middestad gaan word.

Die beplande gebou, bekend as Zero2One, sal oorkant die Kaapstad-stasie en op die hoek van Adderley- en Strandstraat opgerig word.

Volgens Kaapstad se Sentrale Stadsverbeteringsdistrik (SSVD) sal dié gebou 148 m hoog wees. Dit is ’n projek van FWJK-ontwikkelaars.

Die beoogde Zero2One-gebou is hoofsaaklik gefokus op verblyf, met 624 wooneenhede, 760 parkeerplekke en 6 000 m² handelsruimte ingesluit.

Rob Kane, voorsitter van die SSVD, het gesê een van die opwindendste aspekte van die beoogde ontwikkelings is dat dit oor die hele middestad beplan word – van die nuwe ontwikkelings in Roggebaai, soos die nuwe Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal en die herontwikkelings van skole tot museums en staatsgeboue.

Van die ander ontwikkelings sluit in die herontwikkeling van die Kaapstad-stasie ter waarde van sowat R1,1 miljard.

’n Kantoorkompleks in Christiaan Barnardstraat, bekend as Roggebaai-sentrum, word deur Ingenuity beplan.

Nog twee projekte deur FWJK-ontwikkelaars is ’n ontwikkeling in Breestraat langs die Portside-gebou en die Goldies-gebou. Dié gebou sal 36 verdiepings hoog wees en vir wooneenhede en kantoorruimte gebruik word.

Carola Korbitz, woordvoerder van die SSVD, sê die minimum waarde van projekte wat verlede jaar voltooi is, is R987 miljoen en projekte wat nou gebou word se gesamentlike waarde is R4,57 miljard.

Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos