Die volgende oomblik was die boom voor haar. Wegklap het nie gewerk nie, toe maak haar kop daarmee kennis.
En daar bevind Marelize Horn (19), boorling van Namibië en die ster van die “My f** Marelize”-video, haar in ’n plas modder.
Marelize het Saterdag aan Jacaranda FM se Off the Beat ’n Track-bergfietsbyeenkoms by The Big Red Barn in Irene deelgeneem.