“Ons glo in hierdie sektor en ons moet dit laat werk.”
Godfrey Oliphant, adjunkminister van minerale bronne, het Dinsdagoggend op die mynbousektor se Junior Indaba wat in Aucklandpark, Johannesburg, gehou word, gesê ’n mens moet jouself afvra hoe Suid-Afrika met soveel minerale hulpbronne steeds soveel werkloses het.
“Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om die mynbousektor te help om sy regmatige plek in die ekonomiese groei in te neem.