“Dit is vir die meeste melkboere ’n emosionele saak en die ondergang van melkerye in die binneland is baie traumaties,” sê Koos Pienaar, ’n boer van Theunissen en voormalige voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Vrystaat.
’n Groot groep boere het Dinsdag in Kroonstad ’n vergadering bygewoon om die krisis in die melkbedryf in die Vrystaat te bespreek.
Danie du Plooy, ’n boer van Bultfontein, het die vergadering gereël. Du Plooy het die land aan die praat gehad oor melkboere se krisis toe hy eers 6 000 liter melk op die grond laat uitloop het en toe gesê het hy gaan saam met die EFF aan ’n optog deelneem om aandag op die melkkrisis te vestig.