Tydens Afrika se stryd teen Ebola het ons geleer tydens uitbrekings sterf baie meer mense indirek weens ander siektes. Dit is hoekom ons moet aanhou om teen malaria te baklei te midde van hierdie donker wolk van Covid-19, skryf Fredros Okumu.
Vandag sal nog 1 100 mense weens malaria sterf. Dit sal môre weer gebeur, én oormôre.
As ’n openbare gesondheidsnavorser glo ek dat alle lewens ewe belangrik is. Dat ons doel eerder is om die dood uit te stel as om dit stop te sit, want die dood is onvermydelik.