Oscar Pistorius “hoort nie in die tronk nie en behoort nie meer lank daar te wees nie”, sê sy pa, Henke Pistorius.
“Dit gaan uiteraard nie skitterend met hom in die gevangenis nie, maar hy sou nie gekom het waar hy was as hy ’n hensopper was nie.
“Daar is baie te skrywe oor sy invloed op mense in die tronk. Hy doen al die programme wat die tronk aanbied en jy kan nie ’n beter modelgevangene kry nie,” sê Pistorius.