’n Gesamentlike regsaksie word beoog nadat AfriForum ’n lys bekom het waarop bykans 200, en nie 139 plase nie, se name verskyn wat klaarblyklik geoormerk word vir onteiening sonder vergoeding.
AfriForum het die lys getiteld: “Expropriation Test Cases”, wat intern in die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming versprei is, op sy webblad gepubliseer. Sien die lys hier.
Daar heers groot belangstelling oor die lys. Sedert die publikasie daarvan Saterdag om middernag op AfriForum se webwerf, was die belangstelling daarin só groot dat die webblad in ’n stadium gehang het.