Grondhervorming en veral onteiening sonder vergoeding sal een van die grootste twispunte voor 2019 se verkiesing wees. Elmien du Plessis neem die debat in oënskou.
Met die aankondiging van ’n paneel van tien mense wat die president se interministeriële komitee moet adviseer, en met die terugtrek van die Onteieningswetsontwerp blyk dit of die gesprek oor onteiening sonder vergoeding rigting kry. Dit is natuurlik vir alle praktiese doeleindes ’n verkiesingsjaar, so enigiets kan nog gebeur.
Maar, is daar ’n konsekwente boodskap wat deurgetrek kan word?