Oplossings van ‘groot data’ moet in SA gevind word

Die Square Kilometre Array-projek (SKA) en MeerKAT het ’n “monster van groot data geskep wat ons moes oplos voor ons die inligting kon onttrek”.

Só het prof. Russ Taylor, direkteur van die Inter-Universitêre Instituut vir Data-intensiewe Astronomie (Idia), Maandag (23/07) gesê toe dié instituut gewys het hoe sy nuwe navorsingswolk vir sterrekunde werk.

Idia is drie jaar gelede deur die universiteite van Wes-Kaapland, Kaapstad, en Pretoria begin sodat die groot data van reuse- wetenskaplike instrumente soos MeerKAT hanteer kan word. Dit kan ook nou by die Iziko-museum in Kaapstad se planeta­rium se nuwe digitale koepel visualiseer word.

Taylor, wat ook ’n SKA-leerstoel beklee, het tydens die voorlegging by die planetarium gesê MeerKAT en die SKA sal vrae vra soos: Is ons die enigste lewe in die heelal? Wat is die aard van werklikheid? Wat is die eienskappe van tyd en ruimte? Indien die groot data nie hanteer kan word nie, sal dié vrae egter nie beantwoord kan word nie.

“Groot data is wetenskap se grootste uitdaging oor die volgende tien jaar. Dié oplossings sal ons in Suid-Afrika moet vind.”

Dr. Fernando Camilo, hoofwetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Radio-astronomie-sterrewag (Sarao), sê MeerKAT het agt wetenskapprogramme, waarvan vyf se data met behulp van Idia analiseer sal word.

MeerKAT stuur sowat 300 gigagrepe data per sekonde na die korreleerder op die terrein. Uit die korreleerder word tien gigagrepe data per sekonde verwerk en een gigagreep per sekonde word vir analise gestoor. Hieruit moet kenners sin maak en ’n beeld vorm.

Data van MeerKAT of die optiese robot-teleskoop in Sutherland, MeerLICHT, is met optiese vesel met die Universiteit van Kaapstad (UK) verbind.

Dr. Sarah Blyth (UK) het gesê kinders wat vandag op hoërskool is, sal as studente die kans kry om deel te wees van SKA se eerste fase en dié op laerskool, die laaste fase.

Sy meen dit is belangrik om data in die planetarium te visualiseer, omdat dit nie op ’n skootrekenaar gedoen kan word nie.
– Elsabé Brits

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
17.84
+1.3%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,699.36
+2.3%
Silwer
20.69
+8.7%
Palladium
2,225.50
+2.7%
Platinum
904.00
+4.6%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.3%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos