Die koop van ’n Mercedes-Benz, ’n 45%-salarisverhoging, asook ’n lang lys van beskuldigings oor wanbestuur en binnegevegte het rondom die kop van Carel Boshoff, president van die Orania- beweging in die Noord-Kaap, en sy organisasie losgebars.
Dit kan sy posisie nou in die gedrang bring.
Ná ’n onlangse forensiese ondersoek sal op ’n burgerraadsvergadering besluit word of ’n regspan aangestel moet word om klagtes teen hom verder te ondersoek en wat in die besluit omskryf word as “beweerde verryking en diefstal”.