Orania het ’n “donker kant”, het Jaco Kleynhans, voormalige uitvoerende hoof van die Orania-beweging, glo in November verlede jaar in ’n voorlopige bedankingsbrief beweer.
Hy het egter nie dié brief aan die uitvoerende raad van die beweging gestuur nie, maar ’n verkorte, saaklike weergawe.
’n Ingeligte het Kleynhans se voorlopige brief asook die saaklike amptelike bedankingsbrief aan Netwerk24 verskaf.