Die posisie van die president van die Orania-beweging in die Noord-Kaap, Carel Boshoff, kan ná ’n onlangse forensiese ondersoek na moontlike ongerymdhede deur die uitvoerende raad (UR) van dié dorp in die gedrang wees.
Daar sal moontlik binnekort op ’n burgerraadsvergadering besluit word of ’n regspan aangestel moet word om die twee klagtes teen hom verder te ondersoek.
Intussen sê Boshoff hy lê nie snags wakker daaroor nie.