’n Onderwyser in Orania word daarvan aangekla dat hy seks met ’n minderjarige gehad het.
Volgens Carel Boshoff, voorsitter van die direksie van die Volkskool Orania, waar die man skoolgehou het, is die verdagte in hegtenis geneem ná ’n polisie-ondersoek.
Die man is onder streng voorwaardes op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die saak gaan glo na ’n hoër hof oorgeplaas word.